Vandag skop die Blog Tour vir Toe als groen was af en ek kan nie wag nie. Ek het vyf ongelooflike meisies gekry wat elkeen 'n toer stop het van vandag af tot Dinsdag. Raeesa, Luzanne, Simone, Mieke en Rozanne is sulke dierbare en ondersteunende mense en ek kon nie vir beter mense gevra het om my debuut se blog toer te doen nie!
Wat is 'n blog toer?
Wel, in hierdie geval moet ek dit dalk eerder 'n bookstagram toer noem! Basies beteken dit elkeen van die mense wat deel neem kry 'n spesifieke dag om die boek op hulle blogs en/of sosiale media te feature. Resensies, mood boards, playlists, reels, onderhoude - alles en enigiets! Dis 'n goeie bemarkingstegniek wat gereeld internasionaal gebruik word, maar amper nooit in SA nie.
Toerskedule
Jy kan van vandag af tot Dinsdag elke dag een van hierdie bookstagrammers se profiele besoek om hulle deel van die blog toer te sien!
Vrydag, 27 Mei - Raeesa @pagesofglory
Saterdag, 28 Mei - Luzanne @reading_caffeinated
Sondag, 29 Mei - Simone @simon.says.books
Maandag, 30 Mei - Mieke @trouvaille_reads
Dinsdag, 31 Mei - Rozanne @rozanne_visagie
Ek hoop jy geniet die toer!
Comments