
Kersfees kom al hoe nader en almal is woes besig met kersgeskenklyste en kersinkopies en winskopies soek. As jy 'n skrywer in jou lewe het, help Avviare Bookish Art my hierdie jaar om dit vir jou tien keer makliker om vir hulle geskenke te koop met hulle splinternuwe reeks skrywersitems!
En om dit nog beter te maak - jy kan 10% afslag kry op alles hier onder as jy my afslagkode ADC10 by checkout gebruik. En as jy voor Maandag 27 November bestel, kry jy nóg 10% af vir Swart Vrydag!
Loer hier onder vir foto's van al die skrywersitems wat Avviare beskikbaar het, en kliek net op die prentjie vir meer inligting en pryse.
Kom ons begin met my heel gunstelingitem ...
Ek het maklik tien van hierdie velle plakkers gekoop, en ek plak hulle ORAL. Op my rekenaar, my Kindle, my waterbottel, my notaboeke ... Dis 'n wonder ek plak nie ook een op my voorkop soos 'n sterretjie in die kleuterskool nie! Dit is so 'n oulike en bekostigbare geskenkie om vir 'n skrywer in 'n geskenkpakkie te sit.
Avviare het 'n verskeidenheid t-hemde, hoodies en tops met die pragtigste ontwerpe - iets vir elke skrywer en leser. Dié hier onder is spesifiek vir skrywers ... en ek het 'n paar van hulle in my eie klerekas. Alles is in 'n verskeidenheid groottes en kleure beskikbaar sodat jy dit kan customize vir die skrywer in jou lewe (of vir jouself!).
Enige skrywer weet jy het gereelde story fuel nodig - of jy nou koffie of tee verkies (en hopelik nou en dan onthou om water te drink ook). Die bekers en glase hier onder is die perfekte kersgeskenk en motivering vir 'n skrywer.
Nie net is tote bags nou super trendy nie, maar Avviare se sakke is hoë kwaliteit en ideaal om jou boeke, notaboeke, kindle, oorfone en alles anders in rond te dra. Koop 'n tote bag en prop dit vol notaboeke, penne en sjokolade of lekkers - en jou skrywersvriend gaan jou ewig dankbaar wees.
As jy 'n skrywer is, wat sal jy die graagste wil ontvang?
En as jy nie 'n skrywer is nie - maak nie saak nie! Gaan loer op Avviare Bookish Art se webwerf vir nog meer oulike geskenke, van koffie en tee tot boekmerke tot notaboeke en nog baie meer!
コメント