top of page

Manuskripontwikkeling
vir kinder-, tiener- en jongvolwassenefiksie

20221106_144324200_iOS.jpg
20221106_130226960_iOS.jpg

Skryf is herskryf - dit weet elke skrywer. Maar  'n groot deel van herskryf behels terugvoering, en dis nie altyd maklik om te verkry of om aan te hoor nie.

Dis waar ek jou wil help. As iemand wat self 'n skrywer is verstaan ek goed hoe moeilik dit kan wees om kritiek aan te hoor, en hoe belangrik dit is om 'n redakteur te hê wat verstaan. As 'n redakteur wat al sedert 2018 in die uitgewersbedryf werk, het ek jare se ervaring in manuskripontwikkeling en hoe om skrywers te help om hulle manuskrip tot sy volle potensiaal te ontwikkel.

Wat kan jy verwag?

  • ’n Breedvoerige verslag oor jou manuskrip met redaksionele terugvoering, algemene indrukke en voorgestelde verbeteringe

  • Addisionele kommentaar en voorbeelde in die manuskrip

  • 'n Opsionele tweede en derde rondte terugvoering

Eerste hoofstuk

Jou eerste hoofstuk is een van die eerste dinge waarop jou manuskrip beoordeel word. Hierdie opsie kyk na maniere om jou eerste hoofstuk sterker te maak en meer aandag te laat trek.

​

Vanaf R850 vir tot 5000 woorde.

Tienerfiksie 

Terugvoering vir 'n roman gemik op jonger tienerlesers, gewoonlik tussen 20 000 en 50 000 woorde.

​

Vanaf R1 800.

Kinderboeke

Of jy nou 'n prenteboek van 800 woorde of 'n geillustreerde kinderboek van 12 000 woorde skryf; die terugvoering sal seker maak dat jou storie in alle opsigte gepas is vir die teikengroep. 

 

Vanaf R850.

Jongvolwassenefiksie

Terugvoering vir 'n vollengte jongvolwasseneverhaal. Woordtal is gewoonlik tussen 45 000 en 85 000.

​

Vanaf R4 000.

IMG_5342.JPG

Kry 'n gratis kwotasie

Vertel my bietjie oor jou manuskrip deur die vorm hier onder in te vul.

Waarna is jy op soek? Kies alles van toepassing.
Laai hier op

Dankie!

bottom of page